-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
VAALWATER – Eloff Botha van Lephalale sien rooi nadat hy verlede Sondag op ’n verminkte bruin hiëna afgekom het wat waarskynlik vir moetie (muti) doodgemaak is.
Hy was Sondag saam met vier jagters op pad Bulge-rivier toe toe hy die dooie dier langs die pad sien. Die hiëna se voor- en agterpote asook sy snoet en stert is afgesny.
Botha het die karkas ondersoek en gesê hy kon geen skietwonde of merke op dit kry wat daarop dui dat die dier doodgery of geskiet is nie. Hy vermoed die dier is met ’n strik gevang en sê hy is oortuig die skuldiges se motief is aan toordoktery toe te skryf.
Botha doen ’n beroep op boere in die distrik om alle diere te ag as moontlike teikens. “Alhoewel ons almal besorg is oor ons renosters, moet ons nooit van die ander diere vergeet wat ook doodgemaak word vir moetie en bygelowe nie,” het hy gesê. “Ons moet saamstaan en uitkyk vir strikke.”
0 Comments