-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het die week statistieke bekendstel vir plaasmoorde en -aanvalle wat gedurende die eerste helfte van 2015 plaasgevind het en ook nuwe projekte, planne en aksies vir die prioritisering van plaasmoorde aangekondig.
Statistiek dui aan dat 1 747 plaasmoorde en 3 542 plaasaanvalle tussen 1990 en middel 2015 plaasgevind het. Uit die vermoorde slagoffers was 1 133 plaasboere, 465 direkte familielede, 130 plaaswerkers en 19 besoekers. In 2015 alleen was daar teen einde Junie reeds 27 moorde en 116 aanvalle.
Genl. Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, het verduidelik dat hoewel Gauteng tot onlangs die provinsie was waarin dié misdrywe die meeste plaasgevind het, Limpopo nou in die eerste plek staan. Limpopo word gevolg deur KwaZulu-Natal, Gauteng, Vrystaat, Oos-Kaap, Noordwes, Mpumalanga, Noord-Kaap en dan die Wes-Kaap.
Van Zyl het gesê dat plaasaanvalle nie net meer verspreid voorkom nie, maar ook meer brutaal en in meeste gevalle noodlottig is.
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê die feit dat die regering weier om plaasmoorde tot 'n prioriteitsmisdaad te verklaar die grofste vorm van diskriminasie denkbaar is.Roets het vier redes gegee waarom plaasmoorde uniek is en geprioritiseer moet word: frekwensie van aanvalle; brutaliteit van aanvalle; rol wat boere in die samelewing speel naamlik die rol van werkgewers en voedselverskaffers; en ligging van plase waarop aanvalle en moorde plaasvind.
Beide organisasies het die belangrikheid van internasionale druk op die regering
beklemtoon.
0 Comments