-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Die Mokopane Besigheidskamer en die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se klassieke motor uitstalling verlede Saterdag het groot belangstelling geprikkel en besoekers behoorlik geamuseer.
Uitstallers uit alle oorde het by die speurder kantore in die dorp gespog met hulle blink waens van die 1900’s terwyl lede van die gemeenskap bewus gemaak is van die GPF. Ander uitstallers het ook hulle verskillende artikels vertoon en te koop aangebied.
Polisielede was tydens die uitstalling teenwoordig en het met gemeenskapslede gekommunikeer, nodige inligting deurgegee en ook hulle vrae beantwoord.
Die Besigheidskamer en die GPF was in hulle skik met die goeie opkoms en het vir Modern Service station, Bower & Associates, Pick n Pay en Bosveld Elektries, wat as borge opgetree het, bedank vir hulle bydrae.
0 Comments