<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Geliefde boer sal gemis word

 
News : 16 Jul 2015 935 Viewed By Press Release 0

‘n Groot boer wat jare lank in die Roedtan omgewing geboer het, Henry George van Schalkwyk (66), is op 5 Junie na ‘n twee maande siekte oorlede in Unitas Hospitaal Centurion.
Van Schalkwyk sal onthou word as n dinamiese boer met sterk waardes en norme. Hy het na skool saam met sy pa begin boer.
Henry van Schalkwyk is gebore op 3 November 1948 op Immerpan waar sy ouers, Fon en Frieda van Schalkwyk, geboer het.
Hy het in Mokopane skool gegaan en het ‘n tydjie lank op Mookgophong geboer.
In 1975 het hy en sy vrou, Marinda van Schalkwyk, verhuis na Roedtan waar hulle vir meer as 40 jaar geboer het. Henry was ‘n groot saaiboer en het ook n groot liefde vir sy beeste gehad. Hy was oral betrokke in die gemeenskap en het onder andere op die NG kerk Naboomspruit en NG kerk Roedtan se kerkraad gedien. Hy was ook op die bestuursliggame van die Laerskool Bysonderheid op Roedtan en die Hoërskool Piet Potgieter.
Verder was Henry ook n lid van die Boerevereniging op Roedtan en ‘n lid van verskeie kultuur organisasies.
Henry was iemand wat naby God en sy grond gelewe het.
Dit kon 'n mens sien in die manier waarop hy sy persoonlike lewe gely en sy besigheid bedryf het.
Henry is op 12 Junie 2015 uit die NG Kerk Roedtan begrawe.
Die Van Schalkwyk familie bedank Unitas Hospitaal se personeel vir hul versorging en almal wat van heinde en verre gebel, gesms en ook besoek het. Verder bedank hulle ook elke person wat Henry se begrafnis bygewoon het.
- Marinda (Vrou), Fonnie(Seun) en Anneri (dogteer) van Schalkwyk, Willie van Schalkwyk (Broer) en 3 kleinseuns Alex, Alucio en Alfonso.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube