-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Trane van dankbaarheid het Dinsdag by Soetdoring woonstelle gevloei toe anonieme sakemanne van die dorp, kruideniersware van nagenoeg R100 000 aan bejaardes geskenk het.
Met behulp van Die Valke Buurtwag is bakkievragte en sleep waentjies vol kruideniersware aangery en by woonstelle afgelaai. Pakkies het onder meer bestaan uit wors, maalvleis, hoender,
groente, vrugte, mieliemeel, kook-olie, blikkieskos, lekkernye, toiletpapier en shampoo.
“Die skenking het sonder twyfel gesorg vir hoendervleis oomblikke,” het een van die helpers aan Noordelike Nuus gesê. Een van die bejaardes kon skaars haar oë glo en het gesê dit voel soos ‘n vroeë Kersfees terwyl ‘n ander gesê het die Here weet wanneer die nood op sy hoogste is.
Die AGS Groeipunt Gemeente het ook pakkies ontvang wat aan behoeftige gesinne uitgedeel sal word.
0 Comments