-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Wanneer ’n giftige slang jou byt is dit belangrik dat teengif so gou moontlik toegedien word.
Tydens ‘n Landelike Veiligheidforum vergadering verlede week is 10 ampules teengif aan die organisasie geskenk om te verseker dat slangbyt slagoffers die beste moontlike kans op herstel het.
Jaco Swanepoel, ‘n verteenwoordiger van Eskom, het die vergadering bygewoon en hetgenoem dat Eskom bereid is om tien ampules teengif te skenk. “In hierdie stadium is daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid teengif beskikbaar weens die kostes en beperkte leeftyd van die ampules,” het Douw Pelser voorsitter van Landelike Veiligheid, gesê.
Die koste beloop sowat R1200 per ampule en die teengif verval binne twee jaar. Hierdie skenking kan beslis lewens red.
* Interessante feit: 'Ons sê n slang pik, maar die slagoffer word behandel vir 'n slangbyt.
0 Comments