-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Die geliefde sanger, Bobby van Jaarsveld, het verlede Vrydag by die Bosveldfees opgetree. Hy het ook 'n tydjie afgeknyp om vir klein Pippie Kruger (6) te groet.
In Februarie 2012 het Bobby en sy suster, Karlien van Jaarsveld, 'n spesiale konsert in Lephalale kom hou om geld in te samel vir Pippie se veloorplanting en behandeling.
Pippie het op oujaarsdag 2011 meer as 80% derdegraadse brandwonde oor haar
lyfie opgedoen toe 'n bottel vuuraansteekmiddel naby haar ontplof het.
Bobby het hierdie foto saam met
Pippie geneem en op sy Facebook-profiel geplaas met die onderskrif: "Die sterkste meisie wat ek ken. Pippie het gister vir my kom kuier. Man ek is lief vir hierdie dogtertjie!#MyHero".
Meer as 20 800 mense het van die foto gehou en hy is meer as 440 keer gedeel vanaf Bobby se profiel!
Die Bosveldfees het hierdie jaar gespog met kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Bok van Blerk en Josua na die reën. Daar het verlede Woensdagaand na beraming sowat duisende mense na Steve Hofmeyr kom kyk.
Die fees is goed ondersteun. "Ons is baie tevrede met hierdie jaar se fees en voorlopige getalle wys daarop dat ons beter as verlede jaar gedoen het met die kaartjie verkope," sê Marie Seegers, voorsitter van die Bosveldfees komitee.
Goeie nuus vir Mokopane-aanhangers is dat Bobby van Jaarsveld op 8 Augustus by die Kierieklapper Kunstefees (KKKF) optree.
0 Comments