-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vanjaar bied die KKKF verskeie ‘kronkels’ aan as deel van die 15de bestaansjaar vieringe van die Kierieklapper Kunstefees ten bate van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes.
Vrydag, 7 Augustus 2015, om 14:30 begin die KunsteKronkel by die Wyntuin (op die feesterein) vir ‘n wynproe- en musiekkultuur. Vandaar kronkel die KunsteKronkelaars na Honey Ball vir ‘n komedie deur Steve en Bertie Teich.
Die Kultuurkronkel sluit ook ‘n orreluitvoering deur Wimpie Engelbrecht in die NG Moedergemeente in en dan konkel dit weer terug na Honey Ball waar Lizelle die KunsteKronkelaars die kuns van ‘belly-dancing’ gaan wys. Die KunsteKronkel sluit af met Frank Opperman se produksie “Klaagliedere van Ds Tiene Benade” in Hoërskool Piet Potgieter se skoolsaal.
Kaartjies vir die KunsteKronkel is R180 per persoon wat Frank Opperman se produksie insluit.
Maandag, 10 Augustus om 11:30 is dit tyd vir ‘n WildsKronkel. Die Wildskronkel begin deur ‘n besoek aan die Wildteelsentrum in Mokopane waar daar interaksie gaan wees met uile, swart renosters en leeus. Die kronkel gaan die WildsKronkelaars op interessante kinkels lei - maar dit is ons geheim!
Die Wildskronkelaars gaan daarna wild besigtig en word tussendeur bederf met ietsie lekkers om aan te knibbel. Die WildsKronkel sluit af met die voer van renosters en ‘n braai, terwyl James en Andre die WildsKronkelaars vermaak om die kampvuur. Kaartjies vir die WildsKronkel is R280 per persoon. Die kronkel einding om 20:00.
Kontak die Dienssentrum vir Bejaardes om saam te kronkel 015 491 5747. Beperkte plek beskikbaar.
0 Comments