-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Die hoë werkloosheidsyfer en onwettige immigrante is dalk een van die redes vir die toenemende misdaad in die Bosveld-omgewing.
So beweer die voorsitter van die Lephalale GPF, Thys Eloff. “Volgens statistieke is daar ‘n groeiende hoeveelheid werklose mense in ons land wat êrens ‘n inkomste moet kry,” sê Eloff. Hy sê die polisie sukkel om die hoë werklading wat hiermee gepaard gaan te hanteer en het die GPF dit goed geag om ‘n vergadering met die staatsaanklaers, stasiebevelvoerder en speurafdeling se hoof te reël.
“Sommige dossiere word sonder grondige rede teruggetrek en dit is ‘n groot bekommernis vir ons as gemeenskapslede,” sê Eloff.
Hierdie vergadering sal voor die volgende GPF vergadering volgende maand plaasvind.
0 Comments