<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gee ons tog net krag!

 
News : 17 Aug 2015 36 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Nadat inwoners van Gompou en Bospatrys strate verlede week sonder water moes klaarkom was hulle die afgelope naweek boonop sonder elektrisiteit.
Die Gompou- en Ellis straat omgewing was vir meer as 40 ure sonder elektrisiteit gedurende die naweek. Volgens die Lephalale munisipaliteit was daar ‘n fout op die Mogol- en Paarl lyne wat elektrisiteit aan dié areas voorsien.
Pogings deur die munisipaliteit om die krag aan te skakel het glo gelei tot ‘n kortsluiting op die Eskom lyn. Eskom werkers en die munisipaliteit het ingespring om die fout op te spoor, terwyl moedelose inwoners die grootste deel van hulle langnaweek sonder krag moes spandeer.
Alhoewel die munisipaliteit herhaaldelik op hulle Facebook-blad beloof het dat hulle alles in hulle vermoë doen om die kragtoevoer so vinnig as moontlik te herstel het gemoedere behoorlik hoog geloop. Raad-op inwoners het hul misnoeë oor die situasie uitgespreek. Een inwoner op die blad wou weet hoe dit moontlik is dat hulle een naweek sonder water moes spandeer en die volgende naweek geen krag het nie. Sommiges het gedreig om die inhoud van hul vrieskaste by die munisipaliteit te gaan aflaai.
Laat Saterdagaand het die munisipaliteit via hul Facebook-bladsy inwoners laat weet dat daar ‘n foutiewe isolator op die lyn is. Eskom het, volgens die munisipaliteit, ‘n olie monster na Pretoria geneem om getoets te word voordat die krag weer aangeskakel kon word.
Sondagmiddag het meeste ontstoke inwoners uiteindelik weer krag gehad.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube