<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Groot skade na fietsryer getrap word

 
News : 28 Aug 2015 137 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – ’n Fietsryer is sy professionele bergfiets kwyt nadat ’n motoris hom Saterdag raakgery het. Paul Essakow, ‘n bekende fietsryer en lid van die Mokopane bergfiets klub, oorweeg sterk om die motoris wat hom Saterdag met sy motor getref het, te dagvaar vir sowat R60 000 se skade aan sy fiets.
Sy bergfiets is na die ongeluk in drie stukke en is onherstelbaar.
Essakow se vrou, Adéle, het aan Noordelike Nuus vertel haar man was op pad na die Wildteelsentrum waar berg-
fietsryers veilig kan ry, toe ’n Volvo hom op die kruising van Nelson Mandelarylaan en Van Heerdenstraat raakgery het.
Volgens die Essakows het die motoris klaarblyklik ’n rooi verkeerslig verontagsaam.  
“Hy moet betaal vir die skade!” het Adéle vies gesê.
Paul is vanjaar weer die amptelike roete beplanner vir die eersdaagse Cansa Debtsafe M.T.B. fietswedren en hy gaan sy fiets teen dan nodig hê om die roete te toets voor die wedren, het sy bygevoeg. Die fietswedren is ’n jaarlikse instelling in Oktober.
Paul dra intussen ‘n nekstut vir sy besering wat hy met die ongeluk opgedoen het en sal fisioterapie moet ontvang.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube