-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Die dierebeskermingsvereniging (DBV) in die dorp sê dat hulle die laaste tyd oorval word met klagtes oor honde wat in die strate rondloop.
“Inwoners moet asseblief probeer om te verseker dat hulle diere nie uit erwe kan kom nie,” pleit Mariaan Wentzel, Lephalale DBV voorsitter.
Mariaan verduidelik dat eienaars van troeteldiere wetlik verplig word om te verseker dat hulle diere in hulle erwe moet bly.
“Sou ons ‘n hond inneem en die eienaar wil dit weer by die DBV kom afhaal is daar ‘n R250 boete wat betaal moet word.”
Dikwels word die DBV geskakel wanneer honde doodgery word in die straat. “Dit is vir my verskriklik traumaties om dooie diere op openbare paaie te verwyder en na die tyd te hoor dat die eienaars nie die diere behoorlik toegemaak het nie.”
0 Comments