<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Brand eis agt-jarige meisie

 

Jayden (1) wie se toestand tans kritiek, maar stabiel is.  Die familie probeer tans geld insamel om hom na 'n ander hospitaal te skuif, omdat hulle bekommerd is oor die sorg wat hy tans ontvang.

News : 10 Sep 2015 3363 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Kaitlint da Costa (8) is Dinsdagaand in die Mankweng-hospitaal buite Polokwane oorlede weens brandwonde wat sy opgedoen het toe hulle huis in Ellis straat verlede Vrydagaand aan die brand geslaan het.
Kaitlin en haar boetie Jayden (1) het  ernstige brandwonde opgedoen nadat daar vermoedelik ‘n kortsluiting in die kragkabels van ‘n dakwaaier was wat ‘n brand in hulle slaapkamer veroorsaak het. Hul boetie, Douw (3), is behandel vir rookingeaseming, maar het geen beserings opgedoen nie.
Volgens Netwerk24 het die kinders se ma, Sibreena da Costa, eerste vir Douw gegryp en in die gang afgegooi, daarna het haar pa, José da Costa, in die brandende kamer ingehardloop om die kinders te red, terwyl haar verloofde, Johan Nel, ‘n venster oopgebreek het sodat hulle van die vlamme kon wegkom. José se voete is onder verbrand en Johan het brandwonde op sy arms en bene.
Kaitlint het meer as 83% brandwonde oor haar lyfie opgedoen. Die persentasie is opgeskuif na 115% nadat die inwendige skade ook in berekening geneem is.
Sibreena het haar suster, Nicole da Costa, sowat 22:00 Vrydagaand geskakel en gevra dat sy dringend na die huis kom omdat daar ’n brand ontstaan het.
Nicole vertel dat het sy met haar aankoms vir Kaitlint buite die woning gekry het. “Kaitlint was pikswart gebrand, maar sy het self na die kar toe geloop om hospitaal toe te gaan.”
José en Johan is in die Lephalale Mediclinic opgeneem vir behandeling, terwyl Kaitlint en Jayden na Mankweng-hospitaal buite Polokwane geneem is. Beide Kaitlint en Jayden is in ‘n mediese koma geplaas. Jayden se toestand is tans kritiek maar stabiel en hy is aan asemhalings masjiene gekoppel. Hy was teen Woensdag steeds onder verdowing.
Dinsdagaand omstreeks 20:45 het die familie op hulle Facebook-blad aangekondig dat Kaitlint oorlede is en gevra dat almal blomme by hulle huis gaan neersit ter nagedagtenis aan hulle klein engeltjie.
Intussen het Nicole ook met die brandslagoffertjie Pippie Kruger se ma, Anice, kontak gemaak. Pippie, het in 2011 80% brandwonde opgedoen toe ‘n vloeibare vuuraansteekmiddel naby haar ontplof het. Sy was drie-jaar-oud tydens die voorval.
Sibreena het intussen haar kommer uitgespreek oor die sorg in Mankweng-hospitaal. Die familie poog om Jayden oor te skuif na ’n ander hospitaal. Engele vir Nood het ingetree om te help.
Enige iemand wat wil bydra kan dié rekening gebruik: Capitec (Ellisras), spaarrekening, no. 1401008176 (takkode 470010). Bewys van betaling moet epos word na bertaverster@gmail.com, verwysing: Jayden. Die rekening word gekontroleer en behartig deur M en D Boekhouers.

 

 

 
 

Kaitlint da Costa wat Dinsdag-aand aan brandwonde beswyk het in Mankweng-hospitaal buite Polokwane.

Die foto's van Jayden en Kaitlint wat verlede naweek op Facebook gelaai is.

Jose da Costa het brandwonde onder sy voete.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube