<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Stryd om seuntjie se lewe te red

 

Die Hero Burn Foundation-organisasie, wat hulp aan brandslagoffers bied, het op die sosiale netwerke Twitter en Facebook donasies aangevra om Jayden se mediese onkoste te help dra in die privaathospitaal. Die oorplasing het sowat R50 000 gekos en die daar word beraam dat Jayden tot twee maande in die hospitaal sal moet bly.

News : 16 Sep 2015 3706 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Jayden da Costa (1) wat op 4 September ernstige brandwonde opgedoen het toe ‘n brand by hul huis uitgebreek het, is Woensdagmiddag per vliegtuig oorgeplaas na die Meulmed Hospitaal in Pretoria.
Aanvanklik was sy toestand so bedenklik dat die familie nie geweet het of hy die rit vanaf Mankweng hospitaal buite Polokwane na Meulmed in Pretoria sou kon oorleef nie. “Die vlugdokter was daar om Jayden oor te neem in die helikopter in,” het die familie Dinsdag op hul Facebook-blad geskryf. “Dit is toe dat hy besef hoe ernstig klein Jayden eintlik [siek en] verbrand is.”
Jayden is onder verdowing en aan ‘n asemhalingstoestel gekoppel.
Volgens Boland Maartens, die Da Costa familie se woordvoerder, het Jayden se ma, Sibreena, besluit om haar seuntjie oor te plaas na die Meulmed Hospitaal, omdat hulle voel dat hy die beste mediese sorg daar sal ontvang.
Die familie behoort egter nie aan ‘n mediese fonds nie en hulle maak staat op skenkings wat deur verskeie organisasies en privaatpersone gemaak word. “Alle gelde word streng gekontroleer deur ons boekhouers en volgens ons beraming sal ons omtrent R2 miljoen moet insamel vir Jayden se mediese koste.”
Die Hero Burn Foundation-organisasie, wat hulp aan brandslagoffers bied, het op die sosiale netwerke Twitter en Facebook donasies aangevra om Jayden se mediese onkoste te help dra in die privaathospitaal. Die oorplasing het sowat R50 000 gekos en die daar word beraam dat Jayden tot twee maande in die hospitaal sal moet bly.
 Jayden se sussie, Kaitlint (8), het verlede week gesterf het as gevolg van die brandwonde. Kaitlint is kort na haar opname in Mankweng hospitaal oorlede. Hulle oupa, José da Costa en Sibreena se verloofde, Johan Nel, het ook brandwonde opgedoen toe hulle gepoog het om die kinders uit die brandende kamer te red. Sibreena het Jayden se boetie, Douw (4) uit die kamer gegooi en hy is slegs vir rookinaseming behandel. José het sy voete verbrand toe hy deur die vlamme gehardloop het om Kaitlint en Jayden te red. Nel moes 'n venster breek om weg te kom.
Engele vir Nood het ingetree om te help met die fondsinsameling. Enige iemand wat wil bydra kan die volgende rekeninge gebruik: Capitec (Ellisras), spaarrekening, no. 1401008176 (takkode  470010) vir plaaslike skenkings en Engele vir Nood NPO 127460; tjekrekening no: 1115777742 (takkode 14457) vir buitelandse skenkings. Merk die verwysing duidelik Jayden.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube