-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Die pragtige Rina van Schalkwyk (41) is Vrydag aangekondig as Mrs Grand SA 2015/16 by Monte Casino. Hierdie besige vrou woon al sedert 2009 in Lephalale saam met haar man, Phillip, en twee dogters, Vaughnique (18) en Danielle (14). “My dogters het my geïnspireer deur hulle harde werk en toewyding en ek het besluit om ‘n kans te waag op die kompetisie.”
Vaughnique en Danielle is nie vreemdelinge op die loopplank nie en het albei al verskeie titels losgeslaan. “Vaughnique het die Mej Waterberg titel in 2013 verower en ook die Mej Domefees.” Danielle was vroeër vanjaar tweede prinses in die Mej Bosveld Tiener kategorie en Vaughnique was eerste prinses in Mej Bosveld 2015.
Rina se rok vir die wedstryd is gemaak deur Kyna Consili House of Design in Centurion. “Tarien Cronje, die besturende direkteur, is ‘n goeie vriendin en sy het al vir my en my meisiekinders modelklasse aangebied.”
Rina sê dat meisies wat ‘n loopbaan as model wil aandurf net hulself moet wees. “Ouers moet sorgvuldig die kompetisies en fotograwe ondersoek voor hulle hul kinders daaraan blootstel, want daar is baie wolwe daar buite.”
Gedurende haar tydperk as Mrs Grand SA sal Rina haar toespits op ‘n welsynsorganisasie wat fokus op die voorkoming van kinder verdrinkings en wat ook ondersteuning gee aan kinders wat gestremdhede opgedoen het nadat hulle amper verdrink het.
Die gesin se talente het geen einde nie, want Rina en Phillip is ook aangewys as Intiem tydskrif se ambassadeurs. “Phillip is ongelooflik ondersteunend in alles wat ek en die meisiekinders aanpak,” sê Rina.
Phillip het Donderdag ‘n mylpaal bereik deur sy graad in DaVinci BCom Risiko Bestuur te kry.
0 Comments