<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Toordoktery of okkulte?

 
News : 23 Sep 2015 322 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Toordokters is dalk verantwoordelik vir ‘n ontstellende toneel waarop ‘n reaksielid van Suricat Sekuriteit afgekom het op die hoek van Ruiterweg en Rivierstraat (sien foto).
Hennie Yeates van Suricat Sekuriteit het tydens ‘n roetine patrollie die naweek afgekom op die karkas van ‘n wit hond wat op ‘n vreemde wyse op die grond geplaas is. Verskeie tekens, onder meer sy oë wat verwyder is, dui daarop dat toordery dalk hiermee verband hou.
Senior supt. Kobus Jonker, ‘n polisie kenner van okkult-verwante misdade het ‘n foto van die toneel bestudeer en sê hy sou dit nie aan satanisme koppel soos oorspronklik die vermoede was nie. Dit lyk eerder na die werk van 'n sangoma of iemand wat 'n boodskap wil stuur.
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) raai inwoners streng aan om hulle troetel-diere in hulle erwe toegesluit te hou. “Rondloper honde en katte is ‘n maklike teiken vir individue met intensies,” sê hulle.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube