-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Volgens Pieter du Plessis, die voormalige voorsitter van die Brand Voorkomingsprogram (BVP), is dit uiters belangrik dat daar so gou as moontlik met opleiding begin word. “Sodra die eerste 20mm reën geval het sal die BVP ‘n verklaring uitreik om die publiek in kennis te stel dat die brandseisoen op hande is.”
Du Plessis het twee weke terug reeds ‘n vergadering met die mynmaatskappy, Resgen, gehad oor grond in hul besit wat dalk deur brande geaffekteer kan word. “Ons wil graag ook die myne in die omgewing nader en ‘n goeie verhouding met hulle opbou.”
Tydens ‘n landelike veiligheid vergadering verlede Donderdag is dit weereens beklemtoon dat daar ‘n werkbare plan opgestel moet word sodra ‘n brand ontstaan. Dit is dan belangrik dat daar by die plan gehou moet word om so vinnig as moontlik die brand te blus.
Douw Pelser, voorsitter van die Landelike Veiligheid Forum, het genoem dat daar ‘n organigram van lede by die GPF se dienskamer moet wees. “Die regte mense kan dan gekontak word om mannekrag uit te stuur as daar ‘n groot vuur is.”
Du Plessis voel ook dat veral plaasboere ‘n alternatiewe plek moet hê waar toegang tot die plase geskep kan word. "Dit is dalk 'n goeie idée om jou bure in kennis te stel van pale wat gesny mag word indien daar 'n noodgeval of brand op jou eiendom is."
0 Comments