-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Een gelukkige wenner het onlangs met ‘n groot prys huis toe gegaan toe die gelukkige trekking ten bate van Jessica Botha se gehoorapparaat plaasgevind het.
Volgens Bertha Verster van Engele vir Nood het hulle omtrent R5 100 ingesamel met hulle kompetisie. “Ons gelukkige wenner is slegs bekend as kaartjie nommer 241, omdat hierdie spesiale mensie besluit het om anoniem te bly.”
Jessica het vroeër hierdie maand haar nuwe gehoorstuk gekry nadat haar gehoor aangetas is deur verkeerde medikasie wat sy ontvang het toe sy in die provinsiale hospitaal behandel is vir ‘n infeksie.
Bertha wil graag aan almal dankie sê wat hulle so gulhartig ondersteun het. “Ons wil veral dankie sê aan Scott van Zyl wat vir ons die koedoe geskenk het.”
0 Comments