-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Daar is verlede Vrydag by die PPK Lighuis kerk in Onverwacht afskeid geneem van Kaitlint (8) en Jayden da Costa (1) wat beide oorlede is nadat ’n kortslui-ting ’n brand in hul ouerhuis in Eloffstraat veroorsaak het. Intussen word verneem dat José da Costa, die kinders se oupa, heel moontlik ’n veloorplanting op sy voete sal moet kry.
Kaitlint (8) het brandwonde oor haar hele liggaam opgedoen en Jayden (1) het ernstige brandwonde grootendeels oor sy gesig en kop opgedoen toe daar vermoedelik ‘n kortsluiting in die kragkabels van ‘n dakwaaier ontstaan het.
Die sanger Adam Tas het tydens die begrafnis ‘n spesiale huldeblyk aan die twee kindertjies gedoen en niemand is onaangeraak deur sy liedjie Begrawe my op die platteland nie.
Die kinders se oupa, José, was ook by die begrafnis ten spyte van die beserings aan sy voete wat hy ook tydens die brand opgedoen het toe hy deur die vuur gehardloop het om die kinders te probeer red.
Teen druktyd was die familie nie beskikbaar vir kommentaar oor José se beserings nie, maar volgens die Hero Burn Foundation se Facebook-blad is sy wonde by 4 Wounds Wound Care Practice in Monument Park behandel nadat hy ‘n ernstige infeksie opgedoen het.
José was verlede Dinsdag in Meulmed opgeneem en op pyn medikasie en ‘n vloei-stofdrup geplaas terwyl hy wondsorg ontvang het. Teen Donderdag is hy ontslaan en ontvang tans behandeling by Mediclinic in Lephalale.
Intussen het Sibreena Da Costa, Kaitlint en Jayden se ma, via die Hero Burn Foundation se Facebook-blad almal bedank wat hulle bygestaan het, veral Boland en Lynette Maartens, en skryf sy hierdie roerende woorde:
"Never would we have thought something so terrible would happen to us. Losing our children, grandchildren, niece and nephew ripped into the core of our family and made us realise just how precious life and every single moment with loved ones are.
"Our journey in healing is far from over but your prayers and support carries us in such a tangible way that we are able to stand strong in this difficult time.
We miss our little angels so much and they will always be loved by not only us but all of you that opened your hearts in compassion and care."
0 Comments