-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
NYL PLAZA - 'n Vrou is Saterdagmiddag op die N1 snelweg Suid van Mokopane oorlede nadat sy vir meer as 'n halfuur in haar motorwrak vasgekeer was.
Die vrou was in een van drie voertuie wat in 'n botsing betrokke was toe die bestuurder van 'n Toyota Yaris na bewering beheer oor haar motor verloor het. Die ander voer-tuie wat by die ongeluk betrokke was, was 'n Mercedes en 'n Hyundai i20.
Die ongeluk het 'n groot opeenhoping van die druk verkeer veroorsaak terwyl nooddienste ingeroep is om die vrou uit die motorwrak te bevry. Sy is later op die toneel dood.
0 Comments