<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Beboste area wek kommer

 
News : 08 Oct 2015 200 Viewed 0

MOKOPANE - ‘n Beboste area aangrensend aan die Akasia woongebied wat as ‘n ‘kriminele nes’ beskryf word, behoort binnekort iets van die verlede te wees.
Marcelle Maritz, hoof organiseerder van die Vryheids Front Plus in Limpopo, sê sy het klagtes ontvang oor kriminele aktiwiteite wat ontstaan vanuit die beboste area op die hoek van Taylor en Krugerstraat. Die area strek oor minstens een hektaar het Jabu Mashamaite, waarnemende afdelingshoof van die Mogalakwena Munisipaliteit se parke afdeling gesê nadat hy Dinsdagoggend ingestem het om die volgende dag, arbeiders  in te span om dit te ontbos.
Klagtes oor die bosse het ook op Facebook ingestroom nadat ‘n inwoner beweer het dat ‘n vrou deur ‘n verdagte in die bosse ingedwing is waar sy verkrag is. Die polisie kon egter nie bevestig dat daar wel so voorval was nie. Facebook-gebruikers verwys sook na ander voorvalle wat daar afgespeel het en daar word selfs gedreig om die bosse aan die brand te steek.
‘n Inwoner van Meintjiesstraat het Noordelike Nuus Dinsdagoggend genader en getuig van nog ‘n voorval waarin ‘n vrou Sondag deur ‘n verdagte man met ‘n mes gedreig en van haar selfoon beroof is.
Maritz het Piet Hlongwe, toesighouer van die munisipaliteit se parke afdeling bedank vir sy vinnige optrede. Sy het ook vir Mashamaite bedank namens die gemeenskap.
Die polisie moedig die gemeenskap aan om enige kriminele misdaad aan te meld.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube