<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Veldbrande rig groot skade aan

 
News : 08 Oct 2015 197 Viewed By Amanda Basson 0

STEENBOKPAN – Veldbrande het verlede week verwoesting gesaai op vyf plase in hierdie omgewing.
Volgens Pieter du Plessis, die voormalige voorsitter van die Brand Bestryding Vereniging, het daar Woensdagoggend omstreeks 07:30 ‘n brand ontstaan op die plaas Zandnek wat behoort aan Shorty Pontes. “Die vuur is onder beheer gebring teen ongeveer 11:00, maar om 12:00 het dieselfde plaas weer gebrand.”
“Ons was aanvanklik onder die indruk dat dit die oorspronklike brand was wat weer versprei het, maar na ondersoek lyk dit of dit opsetlik aan die brand gesteek is.”
‘n Sterk wind het veroorsaak het dat die brand vinnig versprei het na ‘n aangrensende plaas. “Hulp is dringend versoek per radio en ons kon die vuur beperk tot die betrokke plaas,"sê Du Plessis. Daar is voorbrand op die grens van die plaas gemaak om te keer dat die vuur verder versprei, maar 1 000 ha van die plaas het afgebrand.
Nadat die brand geblus is, het swaar weerlig veroorsaak dat vier ander plase in die omgewing aan die brand geslaan het. Drie van die plase se brande was vinnig geblus, maar die vierde plaas, Skilpadfontein, het die manne tot laat Donderdagmiddag besig gehou aangesien daar geen voorbrande of begaanbare paaie was nie.
In lig van die gebeure doen Du Plessis weereens ‘n beroep op grondeienaars om wetgewing na te kom rakende die Brandwet, en aan te sluit by gemeenskapsforums en by te dra tot beter gemeenskapsveiligheid.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube