-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Jannie Snyders, die Graad 10 leerder van Ellisras Hoërskool wat vroeër vanjaar in ‘n mikroligte vliegtuig ongeluk betrokke was sterk goed aan en is terug by die skool.
Op 24 Mei het die mikroligte vliegtuig waarin Jannie en sy oom, Wynand Snyders, gevlieg het neergestort naby Abbotspoort net buite Lephalale. Na wat verneem word het die vliegtuig ‘n laagliggende elektriese kabel getref wat die ongeluk veroorsaak het. Snyders is aan kopbeserings oorlede en Jannie moes ‘n noodoperasie ondergaan by Meulmed Hospitaal in Pretoria om een van sy niere te verwyder.
Volgens Magda Reyneke, Jannie se sussie, moet hy weer in November gaan vir nierfunksie toetse. “Dis voorwaar ‘n wonderwerk dat dit so goed gaan met Jannie en ons kan net ons ewige dank aan die Vader betoon dat hy my broer bewaar het.”
“Met tye pla sy korttermyn geheue nog, maar dit het al baie verbeter.”
0 Comments