-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Twee mans het minimale beserings opgedoen toe die helikopter waarin hulle was Woensdag geval het.
‘n Veearts van Lephalale, Neil Kriel, en Dirk Uys het sowat 08:30 by een van die Grootfonteinplotte met Kriel se helikopter geval. Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.
‘n Geskokte Kriel het gsê dat hy dankbaar is dat hulle nie ernstige beserings opgedoen het nie. “Wonderwerke gebeur nog,” het hy dankbaar gesê.
Dinsdagoggend is twee mense oorlede toe nog ‘n helikopter in die Blouberg-gebied geval het. Volgens Netwerk24 is die vlieënier, David Boul, en sy passasier, Ronald Matsunga, oorlede toe die helikopter ‘n paal getref het. Hulle was besig om antennas in die omgewing te installeer en het glo tegniese probleme ondervind net voor die ongeluk.
0 Comments