<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Oorval op haar drumpel

 
News : 08 Oct 2015 248 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Die polisie is op soek na twee mans nadat 'n vroue werknemer van Die Stop Restaurant Maandagaand op pad na haar woning glo oorval, verkrag en beroof is.
Die 55-jarige vrou was na berig word rondom 21:50 vanaf die restaurant, wat net buite die dorp geleë is, op pad na haar kothuis op dieselfde perseel toe die twee mans haar oorrompel het. Een het haar by die kothuis ingedwing. Sy is glo deur die een verdagte verkrag, terwyl die ander ’n bedrag van R2 000 en toerusting by die kroeg gesteel het.
Die verdagtes het ook ’n verdere
R1 000 en ’n plasma TV uit die kothuis gesteel en daarna op die vlug geslaan. Die vrou is glo deur die booswigte vasgebind, maar kon later daarin slaag om haarself te bevry en het onmiddellik hulp ontbied.  
Volgens Die Spoorsnyers, ’n groep polisie reserviste wat spesialiseer in misdaadbekamping en kol. Sakkie Louwrens van die polisie, wil dit voorkom of die verdagtes langs die R101 snelweg opgelaai is.
 Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie se ondersoek duur voort. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube