<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Weghol veldbrande teister distrik

 

Die brand by Entabeni Safari Bewaring se een lodge, Wilside Safari kamp ernstig beskadig het.

 

News : 15 Oct 2015 596 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Weghol veldbrande het die afgelope naweek regoor die Mokopane distrik gewoed en etlike hektare weiding en bewaringsgrond vernietig.
Mark Wreyford, vrywillige basis bestuurder van Working on Fire (WoF), het vroeër die week gesê die naweek se brande by die Doorndraaidam Natuurreservaat het sowat 4000 hektaar verteer terwyl die Entabeni privaatreservaat se Wildside Safari kamp, erg beskadig is. Nagenoeg 2500 van Entabeni se 22000 hektaar en twee van sy Land Cruisers is ook deur die vlamme verwoes.
Die wildteëlsentrum buite die dorp het ook deurgeloop deur ’n veldbrand wat einde September deur weerlig veroorsaak is. Die brand het op Maribashoek begin en het tussen 700 en 800 hektaar vernietig, het Mark Howitt van die sentrum Dinsdag aan Noordelike Nuus gesê.
Weerlig is egter nie die enigste oorsaak van onlangse brande in die omgewing nie. Wreyford wys na onlangse veldbrande Noord van Mokopane naby Weenen Stene hy glo is opsetlik veroorsaak. “Duur wild het hier doodgebrand,” sê hy. Nog ’n kopseer is brande wat ontstaan deur grondeienaars wat voorbrande maak in die “rooi” tyd. Die wet maak voorsiening vir sulke voorsorg op spesifieke tye en sommige boere steur hulle nie hieraan nie.  Wreyford waarsku dat boere wie se brandplanne nie in plek is nie, swaar strawwe opgelê kan word.    
Wreyford het verder gesê hy is enige iets te wagte. Die naweek se brande was nie die einde van lang skofte vir brandbestryders nie. WoF het Maandag nog gespook om ’n helikopter te ontplooi om vlamme op die berg by Entabeni, wat ‘n uitdaging vir brandslaners was, onder beheer te kry. Die omvang van skade in die distrik is onbepaald.
Brandbestrydingseenhede van WoF, die brandweer en talle vrywilligers regoor die Waterberg distrik het geswoeg en gesweet om die naweek se brande te bestry. “Die onbaatsugtige hulp van die plaaslike buurtwag word hoog op prys gestel,” sê Wreyford dankbaar.
WoF se Mogalakwena eenheid wat volgens Wreyford erken word as die fiksste in die land, is voorbereid vir onverwagte situasies en staan gereed om boere by te staan met ‘n vuurvegter wat boere slegs R13 per kilometer sal kos. Wreyford kan in geval van brandnood gekontak word by 083 650 7725.
Na ’n skrywe van die Demokratiese Alliansie (DA) aan die LUR van Landbou, Joyce Matshoge, verwag die party dat die Waterberg distrik ’n rampgebied verklaar word aangesien meer as 200 000 hektaar vernietig is deur brande. Die laasgenoemde departement het in ’n media verklaring, die grootskaalse skade in die distrik bevestig en gesê die departement wil graag die boere wat deur die erge droogte geaffekteer is, bystaan kragtens die Ramp Bestuur Wet. Matshoge het verder gesê boere sal vergoed word vir hulle verliese sodra die gebied as ’n rampgebied verklaar word.

 

 

 
 

WoF Mogalakwena eenheid by die vuurvegter wat op ‘n gereedheidsgrondslag is vir brand nood.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube