<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

KANSA relay samel R31 000 in

 

Drie kanker oorwinnaars van Mokopane wat as eregaste die KANSA se Relay For Life bygewoon het.

News : 23 Oct 2015 84 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Vrydagaand se ongure weer het nie ondersteu-ners by KANSA se jaarlikse Relay For Life weerhou om hulde aan kankerlyers en oorwinnaars te bring nie.
Alhoewel die byeenkoms aansienlik kleiner was as vorige jare, sê KANSA se Ansie van Heerden hulle is baie dankbaar teenoor die 25 spanne wat wel die geleentheid ondersteun het. Van Heerden verduidelik dat elke Relay, ongeag hoe klein, ‘n baie belangrike rol speel in kankerpasiënte se lewens.
Die opening is waargeneem deur Ds. Jacques Erasmus, waarna kankerlyers spesiaal verwelkom is en die eerste ere rondte aan hulle opgedra is. Die tweede rondte is daar dank betuig teenoor kankerpasiënte se versorgers en familie waarsonder ‘n kanker pasiënt nie kan klaarkom nie.
Later die aand is hulde gebring aan geliefdes wat die stryd teen kanker verloor het of steeds in die stryd is. Die sakkies met sand en brandende kerse in die stik donker vir twee minute is ‘n emosionele huldeblyk daaraan, sê Van Heerden.
Daar was groot bewondering vir Pieter Botha, die oudste deelnemer wat deurnag geloop het. Gert de Jager het die meeste rondtes voltooi. Die Kanker Slim trofee is aan Dr Vernon Els en sy span oorhandig. Hulle het deurnag gratis kanker opvoeding en sif-
tingstoetse gedoen. Die trofee vir die eerste span inskrywing en betaling is toegeken aan Nedan 1.Die mees oorspronklike span was Westvaal. Bonus Motors het die beste spangees gehad.
Die “Ekstra Fondsinsameling Trofee” is gewen deur die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes met die bak van pannekoeke.  
KANSA benodig dringend die hulp van persone met verpleeg ondervinding wat kan help om kanker pasiënte te ondersteun. Vrywilligers kan vir Wilna van Den Heever by 082 493 1884 kontak.

 

 

 
 

Die Vroue Landbou Unie (VLU) Aandster tak se Bittereinders span ondersteun KANSA se Relay For Life.

Kanker oorwinnaars by KANSA se Relay For Life tydens die eerste ere rondte.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube