<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Raserige karwas-plek skep probleme

 
News : 23 Oct 2015 258 Viewed 0

LEPHALALE – Tydens ‘n gemeenskapspolisiëringforum (GPF)-vergadering verlede week is die geraas by Sydney’s Car Wash weer aangespreek.
Volgens Thys Eloff, GPF voorsitter, het hy klagtes van gemeenskapslede ontvang wat kla oor die geraas by hierdie karwas-plek. “Een lid van die gemeenskap beweer dat sy met die eienaar kontak gemaak het en dat daar aan haar gesê is dat sy eerder moet trek omdat sy hiper-sensitief is vir geraas,” sê Eloff.
Sybil Nieuwoudt, DA raadslid in die omgewing, beweer dat sy met die eienaar, Eddy Jacobs, gepraat het oor die geraas en die feit dat sy werkers in die eiland oorkant die pad staan en braai.
“Volgens my is dit baie gevaarlik omdat dit ‘n besige pad is en die werkers en kliënte heen en weer oor die pad loop.”
Nieuwoudt voer aan dat sy een Sondagaand, sowat twee weke terug, net na agt verby die karwas in Thabo Mbeki straat gery het en toe gesien het dat die werkers daar staan en braai met biere. “Ek het gestop en vir die persoon wat braai gesê dat dit gevaarlik is, maar hy het aan my gesê dat die kliënte self kies om oor die straat te loop.”
Adjudant offisier Frans Mokoena van die Lephalale polisie sê dat gemeenskapslede die polisie moet in kennis stel van sulke voorvalle.
“Ons kan slegs optree as ons ‘n klaer in die saak het en dis belangrik dat mense wat klagtes indien bereid moet wees om ‘n ver-klaring te gee.”
Die eienaar van die karwas kon nie opgespoor word vir kommentaar nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube