<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

SOS gryp in om veld woonbuurt te beveilig

 
News : 23 Oct 2015 102 Viewed 0

MOKOPANE - Die sekuriteitsmaatskappy, Special Operations Solutions (SOS), het op versoek van bekommerde inwoners van die dorp ingestem om die beboste area op die hoek van Kruger- en Taylorstraat “aan te neem” om so ’n veiliger omgewing te skep.
Die maatskappy is deur die Vryheidsfront Plus se Marcelle Maritz genader om die inwoners te help.
Noordelike Nuus het op 9 Oktober berig oor die Mogalakwena Munisipaliteit se onderneming om die area wat aan die Akasia te ontbos (“Beboste area wek kommer”, bladsy 3). Die munisipaliteit het egter net ’n klein gedeelte ontbos met weinig impak op die omgewing se misdaad.
“Ons wil uitreik na die gemeenskap en streef daarna om misdaad te bekamp,” sê Gary O’Farrell, eienaar van SOS.
SOS was Woensdagoggend oorgehaal en het te voet deur die bosse beweeg om verdagte persone wat daar mag skuil aan die kaak te stel. Martin van Eck, reaksie bestuurder van SOS, het na die operasie laat weet hulle het afgekom op een of meer handsakke sowel as skoene, klere en ook stukkende televisie skerms.
Die span het ook ’n are wat vermoedelik as slaapplek gebruik is in die bosse ontdek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube