<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mesaanval eis geliefde juffrou

 

Lindie Bosch-Jansen  is dood nadat sy op Laerskool Warmbad se skoolterrein met ’n mes gesteek is. Saam met haar op die foto is haar vriend, Howard Holtzhausen (jnr.).

News : 23 Oct 2015 622 Viewed By LiN Nuus 0

BELA-BELA – ‘n Gesellige verjaardagpartytjie het die afgelope naweek in ‘n nagmerrie ontaard toe Lindie Bosch-Jansen (35) Sondagoggend in die parkeerarea van Laerskool Warmbad met ‘n mes doodgesteek is.
Lindie was ‘n geliefde onderwyseres wat jare in Lephalale gewoon het en by Laerskool Bosveld Primary, King’s College en Laerskool Vaalwater skoolgehou het. Sy het vroeër die jaar by Jin­nah Park Pri­ma­ry School in Spa Park in Bela-Bela as on­der­wy­ser ge­werk.
Lindie is in haar bors gesteek terwyl sy besig was om goed na haar motor te neem nadat sy haar vriend, Howard Holtzhausen, se pa se 60ste verjaardagpartytjie by Laerskool Warmbad se skoolsaal bygewoon het. Haar twee kinders was ook die aand by die gesellig­heid.
Ao. Tom­my van Blerk, on­der­soek­be­amp­te, het ge­sê haar oud­ste seun, Jay-Dee (10), het skie­lik geskree dat ie­mand by die motors rond­sluip. ’n Vreem­de man het Bosch-Jan­sen ge­na­der en haar on­der haar lin­ker­arm in die bors ge­steek. Die aan­val het glo ten aan­skou­e van haar twee seuns, Jay-Dee en Juwan (7), af­ge­speel.
“How­ard (jnr.) het op daar­die sta­di­um na buite gekom en haar hoor gil. Hy het die ver­dag­te ge­sien hard­loop. Hy het twee sko­te met sy pis­tool op die man af­ge­vuur, maar het mis­geskiet. Hy en ’n vriend het die man ag­ter­na ge­sit en hom na­by die hei­ning van die skool vas­ge­keer,” het Van Blerk ge­sê.
Holtz­hausen het da­de­lik te­rug­ge­keer na sy vriendin en haar na die St Vin­cent’s-hos­pi­taal, wat skaars twee blokke van daar is, ge­neem.
Van Blerk sê men­se het toe in die par­keer­area be­gin skree en die vriend het die ver­dag­te ag­ter­ge­laat om­dat daar ver­moed is dat nog men­se in ge­vaar was. Die ver­dag­te het toe weer pro­beer vlug.
Bosch-Jan­sen is kort ná haar op­na­me in die hos­pi­taal dood verklaar.
Die po­li­sie, as­ook die Be­la-Be­la Crime Sup­port-groep (Warm­bad-buurt­wag), het met ’n groot­skeepse soek­tog na die verdagte begin.
Die ver­dag­te het glo eers in die erf van ’n le­ë huis oor­kant St Vin­cent’s-hospi­taal pro­beer skuil voor­dat hy na die vol­gen­de ei­en­dom “ge­spring” het. “Onge­lukkig vir hom behoort dié erf aan ao. An­dré van de Ven­ter van die Be­la-Be­la-po­li­sie,” het Van Blerk ge­sê.
Die soek­span het die ver­dag­te op Van de Ven­ter se huis se dak ge­vind en in heg­te­nis ge­neem.
Des­main Clark A­dams (20) het op Dins­dag, 19 Ok­to­ber, in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ver­skyn in ver­band met die mis­daad. Albei Adams se polse was met ver­bande toege­draai. Hy is vermoe­delik be­seer toe hy oor die lem­me­tjies­draad van die la­er­skool se sport­vel­de gespring het in ’n poging om weg te kom.
A­dams was ty­dens sy in­heg­te­nis­na­me vol bloed en is on­der po­li­sie­toe­sig na die Warm­bad-hos­pi­taal vir be­han­de­ling ge­neem, maar is later die dag ont­slaan en na die aan­hou­ding­sel­le ge­neem.
Daar is ’n GPS by hom ge­vind en die polisie het ’n be­bloe­de mes op die sport­vel­de na­by die la­pa ge­vind, het Van Blerk ge­sê. Daar moet nog vas­ge­stel word aan wie die GPS behoort.
“Daar is ’n ver­moe­de dat nog men­se by die voorval be­trok­ke was, maar die saak word nog onder­soek. Die po­li­sie het egter ’n sterk saak teen A­dams,” het Van Blerk ge­sê.
Albei die Holtz­hausens (pa en seun) het vandeesweek Adams se hof­saak by­ge­woon. Die saak is uitgestel na Dinsdag, 27 Oktober, vir ’n borg­aan­soek.
 “Lindie was so ‘n fantastiese positiewe mens wat altyd net die beste vir haar leerders wou gee,” sê Elmarie Pretorius, Bosch-Jansen se suster. Sy sê die familie is platgeslaan deur die voorval. “Dit is so totaal sinneloos.”
“Die twee seuntjies is ernstig getraumatiseer. Hoe verduidelik mens vir hulle dat iemand hulle mamma so wreedaardig weggeneem het?”
“Dit voel asof ek droom,” sê Anne Hoffman, Bosch-Jansen se ma. “Dis so verskriklik om te dink dat ek nooit weer my kind se stem gaan hoor of vir haar kan raad vra nie.”
In ‘n roerende huldeblyk aan Bosch-Jansen skryf haar vriend, Howard Holtzhauzen, dat Lindie sy pasmaat was en dat hy haar glimlag nooit sal vergeet nie.
- Lin Nuus / Die Pos / Noordelike Nuus

 

 

 
 

Desmain Clark Adams (20) van Bela-Bela, het vandeesweek vlugtig in die Bela-Bela-landdroshof verskyn in verband met die mesmoord op  Lindie Bosch-Jansen. Adams se saak is uitgestel na 27 Oktober.  
Foto: Herman Steyn

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube