<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Vrou en kind op kleinhoewe aangeval

 
News : 29 Oct 2015 885 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – ‘n Vrou en haar dogtertjie is Maandag helder oordag by hulle kleinhoewe in Lephalale se Grootfontein area deur rowers oorval.
Rita Fourie, haar kind en die huiswerker was ten tye van die aanval alleen by die huis. Die boewe was glo gewapen en het balaklawas aangehad. Hulle het Rita aangerand en gedreig om haar kind seer te maak. Hulle het Rita en haar dogtertjie vasgebind.
"Die huiswerker was ook tydens die voorval in die woning maar het in 'n hangkas in een van die vertrekke weggekruip," sê Nicky de Beer van RMD-Risk wat ook op die toneel was.  
Volgens Nicky wil dit voorkom of daar omtrent vier verdagtes betrokke was by die aanval op Fourie. “Drie van die mans het in die huis ingekom en met ‘n groot hoeveelheid geld, ‘n skootrekenaar en ‘n selfoon op die vlug geslaan nadat hulle die ma en dogter vasgebind het.”
De Beer en sy spoorsny hond het die verdagtes se spore begin volg vanaf ‘n gat in die heining naby die woning. “My hond het ‘n skootre-kenaar en ‘n donkerblou baadjie in die veld gevind en ons het die spoor verder gevolg tot naby die Telkom kantore agter Oberholzer straat.”
Die spoor het egter doodgeloop by die teerpad in Oberholzer straat en dit wil voorkom of die verdagtes met ‘n voertuig opgelaai is.
Sakkie Louwrens van die Heritage Protection Group, ‘n groep vrywilligers wat polisie en sekuriteitsmaatskappye bystaan in die ondersoek van plaasaanvalle en opspoor van verdagtes, het ook die toneel ondersoek. “Dit wil voorkom asof die een verdagte ‘n Zimbabwiër is wat voorheen vir die Fouries gewerk het," sê Louwrens.
Teen druktyd was niemand vir die voorval gearresteer nie. Enigiemand met inligting word versoek om die Lephalale polisie te kontak.

 

 

 
 

'n Sekuriteitsbeampte van Wild Africa Security wys na die skootrekenaar wat in 'n oop stuk veld agter die uis gevind is.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube