<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Glans titel vir SAVLU vrou

 
News : 06 Nov 2015 677 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie (SAVLU) het hierdie week aangekondig dat Tharina Rossel, een van ons plaaslike raakvat vrouens, hul organisasie se nuwe president is.
Tharina se naam is sinoniem met die Ellisras SAVLU tak waarvan sy al meer as 30 jaar lid is en sê dat die organisasie van die begin af ‘n integrale deel van haar lewe gevul het. “Dit is my missie in die lewe om vrouens te bemagtig deur hulle siele te voed en emosioneel by te staan.”
“Mense dink soms verkeerdelik dat die SAVLU net vir ou tannies is wat kan koek bak en handwerk doen, maar die sukses van ons groepie lê daarin dat ons ‘n plekkie het vir vrouens van alle ouderdomme en uiteenlopende talente.”
Rossel voel dat dit veral deesdae met die sukkelende ekonomie belangrik is dat vrouens ‘n ondersteuningsnetwerk moet vind waar hul weer hul siele kan voed en hulself omring deur ander vroue wat kan help om hul laste te dra.
“Dit gebeur soms dat iemand wat dink sy het geen talente nie skielik ontdek dat sy ‘n passie het vir iets wat sy dalk nooit voorheen probeer het nie en dit is vir my een van die belangrikste funksies van ons takke.”
Rossel is baie beskeie oor haar nuwe amp terwyl sy die harde werk van haar mede SAVLU lede besing. “Ons sewe provinsies het elkeen hul eie projekte wat fokus op volwasse opleiding, verreikking en bemagtig.”
“Alhoewel ons nie ‘n liefdadigheidsorganisasie is nie is almal tog in ‘n mate betrokke by liefdadigheidswerk, so het ons onlangs huiswerkers opleiding gegee en ook ingespring toe ‘n kleuterskool in Marapong hulp nodig gehad het.”
Vrouens wat deur die dag werk word ook aangemoedig om met hul naaste SAVLU tak in kontak te kom. “Ons het byeenkomste in die aand wat spesifiek op dames gemik is wat deur die dag nie by ons vergaderings kan uitkom nie,” sê Rossel.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube