<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Plesier as die spiere brand

 

Alec Rowe.

News : 06 Nov 2015 262 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - “Niks in die lewe kom vanself nie en spiere is nie iets wat mens kan pluk van ’n boom af nie. Oefening verg wilskrag, dissipline, toewyding en deursettingsvermoë en om jou doelwit te bereik kos meer as net moeite.”
Dit is die woorde van Jan Dirk van Eck (19), ‘n matrikulant aan Hoërskool Piet Potgieter wat motoriste in Pretoriusstraat daagliks verwonder met allerhande uiterste oefen tegnieke in die bloedige Bosveld son. Sy Whatsapp status lees soos volg: “Pain makes me grow. Growing is what I want. Therefore, for me, pain is pleasure.”  
Buiten sy studies, is dié gespierde seun baie ernstig oor oefen en liggaamsbou. Om ’n sowat 110kg trekker band vir 30m vêr om te keer of om twee soliede 60kg sement gewigte vir 50 tree rond te dra gedurende een oefensessie is g’n grap nie,” sê Van Eck.
Hy het onlangs ook ‘n 40kg duik sak aangeskaf as een van sy gewigte wat hy 20 tot 30 tree ver per oefensessie op sy skouers dra. Hy oefen drie keer per week, minstens twee en ‘n half uur per dag en volg ook ’n streng eetplan. Saans is hy stiptelik in die skool se gimnasium waar hy intimiderende masjiene aandurf.
“Seer spiere beteken tog net een ding, daai outjies het gewerk,” sê hy.  Pyn ná of tydens oefening herinner vir Jan Dirk aan die liggaamsbou waarna hy streef en dít spoor hom aan om nog harder te oefen.  
Jan Dirk het in Graad 11 ernstig begin oefen nadat hy deur ‘n mede-inwoner geïnspireer is – Alec Rowe wat ook in dieselfde area oefen.
Alec (43) het ‘n heel ander storie agter sy bultende spiere en fiksheid. Hy mag dalk voorkom as ‘n fiksheid-fanatikus maar beskryf homself bloot net as ‘n “Godvresende man wat ’n tweede kans in die lewe gebied is.”
Hy sê hy reageer op ‘n stem wat hy glo is van God en al beteken dit ‘n klein
saadjie word gesaai vir die Koninkryk, dan is hy tevrede. “Ek wil glad nie mense probeer beïndruk nie, ek wend bloot my Godgegewe talente en gesondheid aan tot my volle potensiaal.”
 Die 160kg kommersiële buiteband wat hy vir meters ver sleep en sy ander oefen tegnieke het vir Jan Dirk beïndruk en van daar het talle motoriste hulle afsonderlik begin uitvra.
Jan Dirk beoog om aanstaande jaar ‘n persoonlike afrigter kursus te voltooi. As ‘n goeie eerste span rugbyspeler vir sy skool is hy reeds twee afsonderlike rugby beurse aangebied. Hy moet nog egter kies tussen rugby en sy studies in elektriese ingenieurswese, maar vir eers konsentreer hy op sy eindeksamen.

 

 

 
 

Jan Dirk van Eck .

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube