<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nou waar is die water?

 
News : 06 Nov 2015 72 Viewed 0

LEPHALALE – Volgens ‘n mediaverklaring wat deur die DA raadslid vir Onverwacht, Sybil Nieuwoudt, uitgereik is ervaar die Onverwacht-area sedert September waterdruk probleem.
Volgens die verklaring is waterdruk veral gedurende spitstye baie swak. “Sommige inwoners beweer dat hulle sekere tye van die  dag geen water het nie,” lui die verklaring.
Die waterdruk is egter al vir etlike jare ’n probleem in Onverwacht vir diegene wat nie boorgate het nie en van munisipale water afhanklik is.
Nieuwoudt sê dat sy op 28 September  ‘n  vergadering met die munisipaliteit se infrastruktuur bestuurder, Lawrence Tlhako,
gehad het om die water probleem te bespreek. Sy beweer dat Tlhako aan haar gesê dat al die waterpompe in Onverwacht nie meer outomaties aan- en afskakel nie, dit word nou per hand gedoen.
“Indien die water bystand span nie die pomp betyds aanskakel nie, bestaan die moontlikheid dat die opgaardam kan leegloop en so ‘n watertekort in Onverwacht veroorsaak,” beweer die verklaring verder.
Nieuwoudt voer verder aan dat daar tydens ‘n vergadering met die munisipale bestuurder, Edith Tukakgomo, ooreengekom is dat ‘n rooster uitgewerk sou word waarvolgens die waterdruk beheer sou word deur  die pomp op sekere vasgestelde tye aan- en af te skakel.
“Ek kry daagliks oproepe en boodskappe  van onstoke inwoners ek moet elke keer die munisipaliteit bel om te vra dat hulle die pomp aanskakel.”
Volgens Nieuwoudt is die enigste oplossing dat die betrokke pomp herprogrammeer word om outomaties te werk. Intussen sal inwoners maar spaarsamig met die stroompie water moet werk wat hul tans ontvang.
'n Woordvoerder van die munisipaliteit het by navrae genoem dat die pompe wel per hand aangeskakel word omdat daar ‘n
probleem met die geoutomatiseerde sisteem van die pompe is.
“Hierdie sisteem werk met ‘n program wat eksklusief aan ‘n spesifieke diensverskaffer behoort en is nie die eiendom van die munisipaliteit nie.”
“Die maatskappy was gekontrakteer om foute op die sisteem reg te maak wat vir ‘n jaar onder waarborg was.”
Die kontrak het intussen verstryk en die munisipaliteit is besig om die diensverskaffer op hulle databasis te registreer.
Tot die proses afgehandel is sal die pompe elke oggend en elke aand per hand aangeskakel word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube