<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Droogte bring meer slange

 
News : 06 Nov 2015 696 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Die warm droë weer wat ons beleef is volgens Marius Koekemoer van Reptile Rescue een van die redes waarom sy span die afgelope tyd bont gestaan het om al die slange te vang.
 “My opinie is dat slange migreer na die dorpsgebiede wanneer dit ‘n baie droë jaar is omdat kos dan hier volop is,” sê Marius.
Marius en sy span het in Oktober omtrent 80 oproepe ontvang om slange in Lephalale se dorp omgewing te verwyder. “Die gevaarlikste slang in ons omgewing is die mamba omdat dit ‘n neurotoksiese gif vrystel en die persoon wat gebyt is binne 40 minute tot twee ure teengif moet ontvang.”
“Kinders moet van kleins af geleer word om nie weg te hardloop as hulle ‘n slang sien nie maar dit eerder dop te hou en 90 grade van die slang af weg te beweeg, dan kan ons die slang kom verwyder en dit moontlik gebruik om teengif vir ander slangbyte te maak,” verduidelik hy.
Alhoewel die mamba die gevaarlikste slang is is die voëlslang die dodelikste. “Daar is geen teengif vir hierdie tipe slangbyt nie en die enigste manier vir iemand om te oorleef is deur konstante bloedoortappings,” sê Marius.
Selfs met die bloedoortappings het die slagoffer net ‘n 50% kans om ‘n voëlslang se byt te oorleef.
Mense moet baie versigtig wees om dooie slange te hanteer. “Indien iemand ‘n slang wat reeds dood is optel en die tand steek êrens in sy lyf kan die gif wat in die slang se kliere oorgebly het steeds vrygestel word.”
Die skuld neus slang is nog ‘n gevaarlike slang wat in ons omgewing voorkom en Marius wil graag inwoners aanmoedig om nie die slang dood te maak nie maar eerder vir hom te bel. “Hierdie slang is redelik klein maar met sy duidelike blaasgeluid en houding waarsku hy ‘n mens vinnig om hom uit te los.”
Die ouens van Reptile Rescue werk tans op ‘n vrywillige basis. “Ons wil R100 begin vra vir elke slang wat ons moet vang in die dorp, maar besef dat mense nie altyd die geld het nie en sal dan ook ou kussingslope en plastiek bakke aanvaar waarmee ons die slange kan verwyder.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube