-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – ’n Man in sy veertigs wat daarvan aangekla word dat hy betrokke was by die tref-en-trap-voorval waarin André van den Bergh (29) dood is, se hofsaak is die week in die Mokopane Landdroshof na 4 Desember uitgestel.
Die verdagte, wie se naam nie genoem mag word nie omdat hy nog nie gepleit het nie, is in Junie 2014 in hegtenis geneem nadat hy glo vir Van den Bergh voor dié se huis raakgery het. Die man is sedert die voorval op borgtog uit en het Dinsdag vlugtig in die hof verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van strafbare manslag, dronkbestuur en bestuur sonder ’n rybewys.
Die man het na die hofverrigtinge glo uit die hof beweeg en ten aanskoue van getuies sy vinger na bewering na een van die ooggetuies buite die hof gewys en gedreig (“I will get you.”). Hy het daarna vir die media vir foto's poseer.
Die saak het in opslae gemaak nadat 'n reaksie bestuurder van SOS Sekuriteit gesê het dat hy die aand van 7 Junie 2014 gesien het hoe 'n Isuzu dubbelkajuit bakkie vanuit Ruiterweg en Geysterstraat indraai en 'n voetganger (wat later as Van den Bergh geïdentifiseer is) raakgery het en toe weggejaag het. Die getuie het die bakkie agterna gesit en tot stilstand gedwing. Die beskuldigde is to glo teruggeneem na die ongelukstoneel waar die polisie en ambulans ontbied is.
Die beskuldigde sal na verwagting en volgens ‘n polisie woordvoerder met sy volgende verskyning pleit.
0 Comments