-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Die 12-jarige leukemia lyer, Hekkie Grobler, se hulpfonds om ’n gedeelte van sy mediese onkoste van sy onlangse beenmurgoorplanting te help dek het ’n R27 500 hupstoot gekry.
Mede-leerders by Laerskool Krugerpark het kaartjies verkoop ten bate van Hekkie se operasie waarvan die eerste prys deur Legend Gholf en Safari Landgoed geskenk is. Daar is altesaam R27 500 ingesamel nadat sowat 260 kaartjies is vir dié goeie doel verkoop is.
Die gelukkige wenner van ’n nag vir vier persone by Legend Gholf en Safari Landgoed is Anina van der Wateren. Haar prys sluit ’n voldag se gholf vir vier persone op die landgoed in.
Dit is egter net ‘n gedeelte van die totale bedrag in Hekkie se hulpfonds. Sy ma Es-Marie is oorweldig en dankbaar teenoor elkeen wat tot dusver ‘n bydrae gelewer het. Die fonds staan tans op ‘n ongelooflike R167 521.68 wat gebruik sal word om Hekkie se mediese onkoste wat nie deur die gesin se mediese fonds gedek word nie, te betaal. Elkeen wat ‘n bedrag inbetaal het wie se besonderhede op die fonds se rekening reflekteer, word op die Facebook-bladsy (“Beenmurg vir Hekkie”) bedank.
0 Comments