<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Dorp se bome in gedrang

 
News : 12 Nov 2015 254 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – ‘n Dispuut het ontstaan tussen inwoners en ‘n telekommunikasie maatskappy wat die pragtige witstinkhout-, kameeldoring- en doringbome langs Nelson Mandela rylaan wil verwyder om plek te maak vir ‘n nuwe kommunikasiesisteem.
Inwoners het onlangs opgemerk dat die betonpilare vir ‘n nuwe telekommunikasie sisteem deur die ry bome sal gaan. “Ons bome is eie aan ons dorp en gee darem so ‘n bietjie lafenis teen die ongenaakbare Bosveld son, sê Astrid Basson, DA raadslid in Lephalale, wat die kommunikasie reus Neotel aangevat het oor hulle planne om die bome op te offer in ruil vir tegnologie.“Ek is seker met ‘n bietjie beter beplanning kon die kontrakteurs ‘n alternatiewe plasing vir die kabels gekry het.”
Shilane Uwane van Wayleave and Permits CC, wat verantwoordelik is om te verseker dat die kontrakteur toestemming van die munisipaliteit het om die kabels op te rig, beweer dat hulle streng volgens munisipale regulasies optree. “As ons ‘n boom moet verwyder sal ons dit op skrif sit en die boom sal herplant word na konstruksie.”
“Die kontrakteur sal bome snoei om plek te maak vir die netwerk infrastruktuur wat beter ontvangs sal beteken in terme van data spoed, stem oproepe en internet opvangs.”
Basson sê dat sy met Uwane kontak gemaak het om uit te vind hoekom die kabels nie eerder ondergronds aangelê word nie. “Volgens ‘n epos wat aan my gestuur is word daar beweer dat dit te duur sou wees, maar ek voel dat dit beslis in hierdie geval ‘n beter opsie is.”
Ontstoke inwoners het in ‘n heftige Facebook-debat hul misnoeë met die plasing van die kabels uitgespreek. “Die diensverskaffer beweer dat hulle net takke wil snoei maar uit die foto’s is dit baie duidelik dat meeste van die bome wat in lyn met die pale staan heeltemal verwyder sal moet word," het een inwoner gesê.
Uwane het intussen laat weet dat hulle met hul omgewingskenners kontak gemaak het om die
probleem op te los.
"Alle kommunikasie wat ek van die gemeenskap af kry sal aangestuur word na die relevante persone om te verseker dat hulle kennis dra van die dorp se gevoel oor die kabels," sê Basson.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube