-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Inwoners van Kerkstraat het verlede week besluit dat hulle nie net handjies gevou kan sit en wag vir die owerhede om iets aan die haglike omstandighede van hulle pad te doen nie.
Volgens Denise Hildebrand, ‘n inwoner van Kerkstraat, het hulle saam besluit om hand in eie sak te steek en die pad op te knap. “Ek sou graag wil hê dat meer mense ons voorbeeld volg en self besluit om in te spring en iets doen om ons dorp beter te laak lyk.”
Die grootste deel van die onkostes is deur 15 inwoners van Kerkstraat self en Matoppi’s Rest, ‘n meenthuis-ontwikkeling in die straat, gedra. “Die mense het die teer self gaan aankoop wat ons gebruik het om van die gate te vul,” sê Hildebrand.
Hierdie vlytige inwoners het nie net die pad reggemaak nie maar het ook sowat twee weke gelede besluit om ‘n woonstelblok, wat aan ‘n privaatmaatskappy behoort, se tuin skoon te maak. “Ek en Trudie Grobler het besluit dat ons self iemand sal moet kry om die bossies en rommel te verwyder want anders gaan niemand dit doen nie.”
“Dit is so lekker om deel te wees van ‘n groep positiewe mense wat sorg dat ons sulke positiewe resultate kry,” spog Hildebrand.
0 Comments