<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Skok na jong ma (21) verongeluk

 

Ada Deacon en haar 17-maande-oue seuntjie, Alex.

News : 20 Nov 2015 1385 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – ‘n Jong ma, Ada Deacon (21), se lewe is Saterdagoggend op drama-tiese wyse kortgeknip toe die motor waarin sy en twee vriende gery het, gerol en teen die ou rugbyklub gebou in Fouriestraat tot stilstand gekom het.
Luidens gerugte het een van die insittendes, ’n vriendin van Ada, ’n asma-aanval gehad in die oggendure. Ada en die vriend wat bestuur het, was op pad na die Voortrekker hospitaal met die vrou toe die motor omgeslaan het. Hulle het glo almal vroeër die aand saam gekuier.
Ada se ma, Chrissie Oosthuizen, se hart is stukkend en sy het aan Noordelike Nuus gesê hulle is nog in die duister oor wat presies gebeur het tydens die ongeluk.  Sy en haar man, Dave, is Sondagoggend net voor 05:00 wakker geklop deur mense wat die slegte nuus oor Ada se dood aan hulle oorgedra het.
Ada se ouers het aanvanklik nie geweet wat die oorsaak van die ongeluk was nie. Eers na ’n besoek aan die jong man wat bestuur het waar hy in die Polokwane Medi Clinic opgeneem is, het die aand se gebeure duideliker geword. Chrissie het gevra dat Noordelike Nuus nie die man se identiteit in hierdie stadium bekendmaak nie.
Sy sê hy het aan haar verduidelik dat ‘n knik in die pad grootliks tot die ongeluk bygedra het. “Nadat hy beheer oor die kar verloor het kan hy niks verder onthou nie,” het sy gesê. Beide die bestuurder en die vrou wat in die motor was, is in die hospitaal opgeneem. Alhoewel die vriendin se naam ook aan ons bekend is, het die Oosthuizen-gesin ook gevra dat haar naam nie genoem word nie. Verdere besonderhede oor haar toestand is onbekend, het Chrissie gesê.
Ada se man, Ruan (23), was ten tye van die ongeluk uitstedig op ‘n kriekettoer. Hy het Maandagoggend die volgende hartroerende boodskap op sy Facebook-muur gedeel: “My baby girl, ek wens ek het woorde gehad om vir jou te sê hoe lief ek vir jou is en om te sê hoe ek jou mis. Alles voel so onwerklik. Ek maak my oë toe dan sien ek jou smile, ek voel jou drukkies en al die liefde en lig wat jy in my lewe gebring het. Jy was en sal altyd my baby girl bly. Ek mis jou, en Alex ook. Ons twee sal jou altyd lief hê, my groot oog. Liefde, jou hubby.”
Ada laat ook haar seuntjie Alex (17 maande) en haar sussie, Louise (30), agter. “Ek verwyt of verkwalik niemand nie. Ek weet dit was ‘n ongeluk,” het Chrissie hartseer gesê.
Ada is Donderdag vanuit die VEK in Mokopane begrawe.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube