-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LIMPOPO - Die onlangse reënval het nie veel impak gehad op die erge droogte waarmee boere in Limpopo te doen gehad het nie. Só het Makoma Makhurupetje, LUR van samewerkende regering en tradisionele sake in 'n onlangse rampbestuur vergadering in Polokwane gese.
Makhurupetje sê die droogte is steeds 'n groot probleem en het verwys na 'n verslag van die departement van waterwese waarin dit wys dat die damvlakke daal. Sy sê die weer voorspel moontlike reën teen Januarie en Februarie, maar vrees dat die droogte gaan voortsleep aangesien sekere areas ondergemiddelde reën mag kry.
Wat verder kommer wek is dat rampbestuur fondse volgens die provinsiale regering, uitgeput is. Boere in Limpopo sê hulle is bekommerd dat swak reënval vermindering in produksie kan veroorsaak wat sodoende sal beteken die land gaan geforseer word om sy voedsel in te voer.
Sommige boere koop hulle eie voer vir hulle beeste terwyl ander sê hulle is bevrees dat hulle spaargeld uitgeput word in n poging om hulle vee te red.
‘n Woorvoerder het by die vergadering gesê ‘n verslag is by die nasionale regering ingedien vir goedkeuring om verdere hulp vir rampgebiede te bied.
0 Comments