<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Groot kommer oor ‘misdaadbos’

 
News : 27 Nov 2015 50 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Ondanks talle pogings om die gemeenskap te beveilig teen die “misdaadbos” in een van die dorp se woongebiede waaroor Noordelike Nuus al verskeie kere verslag gedoen het, is daar deur die munisipaliteit onderneem om voor Kersfees daadwerklik in te gryp.
Die VF Plus se Limpopo hooforganiseerder, Marcelle Maritz het aan Noordelike Nuus gesê dat daar na ’n vergadering met die munisipaliteit se betrokke afdelings, besluit is om ’n kontrakteur aan te stel om die bos op die hoek van Taylor en Krugerstraat met behulp van die gepaste masjinerie te ontbos. Verkragtings, aanrandings en diefstal wat glo in die bosse gepleeg is, is meer as een keer aangemeld. Special Solution Operations (SOS) monitor en doen moeite om misdaad te bekamp maar voorvalle het nie opgehou nie, sê Maritz.
Die munisipaliteit het volgens Maritz onderneem dat die betrokke plek voor Kersfees totaal ontbos en dat dit veilig sal wees. “Dit was ’n onbegonne taak vir die munisipaliteit om van arbeiders te verwag om dié area met die hand te ontbos,” sê Maritz. Sy sê die bos beslaan ’n baie groot area en dit is wys om so groot taak behoorlik aan te pak. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube