-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Andy Goetsch, voorsitter van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Mokopane, bedank die gemeenskap vir hulle samewerking gedurende die afgelope jaar en deel ook ’n paar veiligheid wenke met die gemeenskap.
Die besigheidkamer verwittig ook die gemeenskap van die alternatiewe nommers van die Mokopane SAPS se kantore aangesien hulle telefoonlyne soms beset is. ’n Opsionele selfoon is ook in die polisie se aanklagkantoor geplaas vir diegene wat sukkel met die landlyn nommers. Die landlyn nommers is (015) 409 1418/1419/1420 en die selfoonnommer is 081 505 9340. Vir bystand kan die 10111 nommer geskakel word.
In Lephalale is die GPF se dienssentrum toegerus om inwoners in noodsituasies by te staan by tel: 081 701 1089.
Veiligheid wenke
Die besigheidskamer vermaan ouers om na hulle kinders om te sien gedurende die skoolvakansie. “Dié tyd van die jaar is die gevaarlikste tyd en kinders is maklike teikens ten opsigte van misdade en ontvoering. Leer hulle om nie met vreemdelinge te praat of met hulle betrokke te raak nie,” sê Goetsch.
Goetsch waarsku mense om uiters versigtig te wees by ATM’s, veral as groot bedrae geld onttrek word. Hy raai hulle aan om nie hulp te aanvaar by ATM’s of toe te laat dat enige persoon oor hulle skouer loer wanneer die masjiene gebruik word nie. “Wanneer groot bedrae onttrek word, moet daar paraat opgetree word,” sê hy.
“Diefstal uit motors is ‘n daaglikse verskynsel,” voeg Goetsch by en raai motoriste aan om hulle voertuie gesluit te hou. Wanneer motoriste gebruik maak van ’n afstandbeheer wanneer hulle voertuie gesluit word, raai hy hulle aan om eers seker te maak die voertuig is wel gesluit voor die voertuig verlaat word. “Diewe maak van dié slenter gebruik om items uit voertuie te steel.”
“Waardevolle items soos handsakke, sel-fone, skootrekenaars hoort nie sigbaar in
voertuie gelos word nie,” sê Goetsch. Hy waarsku motoriste ook om nie met hierdie artikels rond te ry nie. “Sulke items is ’n maklike teiken vir grypdiewe, voeg hy by."
Goeie advies voor daar op vakansie gegaan word, is om die huis se alarm te laat toets. “Los altyd ’n sleutel en afstandbeheer by ’n vertroueling om die nodige beheer toe te pas indien nodig. Wees ook paraat wanneer die bure met vakansie gaan. Kyk uit vir verdagte persone wat in die omgewing rondbeweeg.
"Dit is nie wys om Kersgeskenke se bokse op die sypaadjie saam met die rommel uit te sit nie," beklemtoon Goetsch. Misdadigers hou dop wanneer nuwe toerusting aangeskaf word.
Reël ook dat die gras gesny en die pos uitgehaal word terwyl daar weggegaan word op vakansie.
Goetsch wys ook daarop dat huisbewoners die reg het om rusverstoring by die polisie aan te meld volgens (Notice 368 of 14 March, 1973 – section21). “Die polisie moet hierop reageer,” voeg hy by.
0 Comments