-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Die Bosveld Jagters en Wildbewaring Vereniging (BJV) het onlangs sy lede vereer tydens die toekenningsfunksie by Hoërskool Piet Potgieter se saal.
Almal is geken in die aktiwiteite - van die juniors tot die ou manne. Met mylpale soos vyf- en 10 jaar aaneenlopende lidmaatskappe, bok trofeë en die lede wat die beste geskiet het, almal se prestasies is erken.
Die nuwe bestuur is ook aan die lede voorgestel met Marcus Ludeke aan die stuur vir 2016. Na sewe jaar as voorsitter, gee Dippies Dippenaar die tuig oor aan Marcus.
Die aand se opwinding het ingesluit ‘n veiling, wat drank items sowel as ‘n jagnaweek ingesluit het, asook ‘n spyskaart vol wildsgeregte wat as buffet voorgesit is. Daar is gedans tot laatnag op musiek wat deur Charmain en Piet Botha verskaf is.
Toekennings het gegaan aan:
Junior skut seuns was Jan Dippenaar en die junior skut dogters was Jane Dippenaar. Die senior skut mans was Dippies Dippenaar en die senior skut dames was Anette van Eeden.
Toekennings is uitgedeel aan: Eerste plek - G.G. van der Merwe, J.M. de Vos, E. van Jaarsveld, H.F. Naude snr, H.F. Naude jnr, E. van der Heyde, C. Dique, C.H.A. Schultz. Tweede plek: J.M. de Vos, E. van Jaarsveld, J.F. Winnertz jnr, E. van der Heyde, E. Forssman en C. Dique. Derde plek: J.F. Winnertz snr, P.H. Blignaut, J.M. de Vos en D.L. le Roux.
Die BJV het hul dank uitgespreek teen-oor God vir Sy genade, asook die lede en nie-lede wat bygedra het tot die funksie se sukses. Hulle bedank almal wat skenkings gemaak het insluitende HPP, Catering Touch, Wegsteek Slaghuis, Stephan van den Hoven en Jannie Klopper (vir die vleis), GC van der Westhuizen (wyn) en Eli van der Walt vir die jagpakket.
0 Comments