<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Booswigte loop hul vas

 
News : 27 Nov 2015 61 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE - Entabeni Wildreservaat se bestuurspan, tesame met hulle teenstroping eenheid, het vier diewe aangekeer wat skaars broodbome in die reservaat gesteel het.
Die voorval het onder die bestuur se aandag gekom nadat reservaatbestuurder, Jan Lessing spore gevind het wat oor die reservaat se grense loop.
Entabeni se teenstroping reaksiespan, onder leiding van Tommie Pienaar, het gehelp spoorsny en sewe broodbome wat langs die Marken-pad weggesteek was, is gevind. Hulle het die area fyn dopgehou en die Mookgopong polisie in kennis gestel toe ’n voertuig stop om die broodbome op te laai.
Die Entabeni-span het sake in eie hande geneem en die boosdoeners se voertuig agtervolg.
Die stropers het ‘n ongeluk naby die T-aansluiting by Mookgopong gemaak na afloop van ‘n hoëspoed-jaagtog.
Die reservaatbestuur en teenstroping eenheid het die diewe aangehou totdat die polisie opgedaag het en die drie verdagtes is in hegtenis geneem.
Die verdagtes het intussen in die Mookgopong hof verskyn in verband met die stroping van sewe broodbome. Na raming beloop die totale waarde van die bome sowat R100 000.
Die saak is verwys na die streekhof en die beskuldigdes is nog in aanhouding.
Die stroping van die skaars Eugene Maraisii broodbome is ‘n ernstige probleem en Entabeni Wildreservaat doen alles in hul vermoë om die enkele broodbome wat nog in die natuur voorkom te bewaar. Entabeni Wildreservaat beywer hulle dus om groter bewusmaking onder die publiek te kweek sodat skaars broodbome vir die nageslag beware sal bly.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube