<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nuwe koffiewinkel het bekende eienaars

 
News : 06 Dec 2015 129 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE – ‘n Splinternuwe koffiewinkel het sy deure op 30 November in die Mokopane Mall oopgemaak en bied ’n lafenis as die inkopies dreig om mens te oorweldig. Chops & Chives, wat reeds bekend is vir sy spyseniering en opskepdisse, het geskuif van Van Riebeeck straat na die inkopiesentrum en sommer ’n gedaanteverwisseling ondergaan.  “Kliënte geniet ons etes en ons het besluit om uit te brei en ’n nuwe koffiewinkel oop te maak wat ook ligte etes sal aanbied soos pizzas, hamburgers, slaaie en baie lekker melkskommels,” sê eienaar Pieter Vogel (op die foto saam met sy vennoot Ashley Hudson van Huddies Bakery). “Ons het ook die gewilde koffie handelsmerk ‘Illy’ genader vir kwaliteit produkte en bied ’n heerlike cappuccino vir die koffie liefhebbers in die dorp.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube