<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bekende sakeman sterf in motor

 
News : 06 Dec 2015 950 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Die eienaar van Vetkoek Den en Hoeka Toeka, Martiens Hendriks (53), of beter bekend as ‘Manne’, is Maandag dood in sy motor in Ruiterweg aangetref. “Hy is vermoedelik dood aan ’n bloedklont deur sy hart,” het sy dogter, Senanda Venables, aan Noordelike Nuus gesê.
Alhoewel Hendriks wel aangesterk het na ’n onlangse breukoperasie, sê sy dogter dat haar pa se dood niks met die operasie te doen gehad het nie. Sy sê haar pa was vroeër die dag by die dialise sentrum waar hy behandeling vir sy niere ontvang het. Hy het geen nierfunksie gehad nie, het sy gesê.
Hendriks het na die behandeling, telefonies laat weet hy voel te sleg om terug te bestuur huis toe. Senada se ma, Annalize, het gery om haar man te gaan help maar toe sy by hom kom waar hy agter die stuurwiel sit het hy nie gereageer nie.
Hendriks was vir langer as 11 jaar ’n bekende gesig agter die toonbank van Vetkoek Den in die dorp. Hy laat sy vrou, dogter en twee kleinkinders agter.  Sy begrafnis is Saterdag (môre), 12:00 by die Hervormde Kerk op die hoek van Voor en Hoogestraat.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube