<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Staking eindig na ooreenkoms

 
News : 06 Dec 2015 52 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Die onlangse munisipale stakings by die Mogalakwena Munisipaliteit  is iets van die verlede nadat die waarnemende munisipale bestuurder, Peter Makondo, en die werkers klaarblyklik ‘n ooreenkoms bereik het.
Afdelingshoof van kommunikasie by die Mogalakwena Munisipaliteit, Malesela Selokela het Dinsdagoggend in ‘n mediaver-klaring gesê munisipale werkers het Dins-dagoggend teruggekeer na hulle werksplekke nadat Makondo ‘n spesiale raadsvergadering gereël het.  Die weeklange staking het gevolg op werkers se ontevredenheid oor salarisse en voordele. Werkers is verteenwoordig deur hulle unies, SAMWU and IMATU.
Daar is gedurende die vergadering onderneem om beleidsbesluite oor werwing, reis-en motortoelae uit te stel vir verdere verfyning.
Demokratiese Alliansie (DA) raadslede, Yolande Coetzee en Tsheletji Alpheus Serumula is ook tydens die vergadering ingesweer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube