-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Die pragtige witstinkhout-, kameeldoring en doringbome sal onverstoor bly nadat Neotel verlede week begin het om hul sement pale vir ‘n nuwe telekommunikasie-sisteem te verskuif.
Sowat twee maande gelede het dit in Lephalale gegons oor die vreemde sement pale wat langs die hoofpad opgerig is. Daar is vasgestel dat die pale vir Neotel se telekommunikasie netwerk is wat onder andere data spoed en stem oproepe (voice calls) sou verbeter.
Die pale se posisie was egter baie naby aan van die dorp se kosbare bome langs Nelson Mandela rylaan. Ten spyte van Neotel se versekering dat die maatskappy ten volle opgelei is om so min as moontlik skade aan die bome te rig was inwoners skepties en is ‘n volslae teenkanting, met DA raadslid Astrid Basson aan die voortou, ingeneem.
“Ek het met Shilane Uwane van Neotel kontak gemaak en is feitlik onmiddellik verseker dat die saak die aandag van Tinus Prins en hul omgewingsagentskap geniet," sê Basson.
Kort daarna het inwoners laat weet dat dit blyk asof daar nuwe gate gegrou word vir die pale.
“Ek was amper te bang om dit te glo, maar by navraag het Tinus Prins be-vestig dat Neotel alle pale sou verskuif om te verseker dat die minimum bome geraak sou word.”
Prins se boodskap was kort en kragtig: “Ons is toegewy om die gemeenskap gelukkig te maak.”
0 Comments