-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Met die feesseisoen wat reeds in volle swang is het die Gemeenskap polisiëringsforum (GPF) sekere stappe geïdentifiseer wat inwoners kan volg as hulle die slagoffer van ‘n huisroof of plaasaanval is.
Maak seker dat alle familielede nie rondbeweeg nie maar in ‘n veilige area bly terwyl slegs een persoon gaan ondersoek instel na wat gebeur.
Die persoon moet uitroep na die ander familielede sodra hy/sy terug beweeg na die veilige area.
Die veilige area behoort so geleë te wees dat dit nie sigbaar is van buite af nie. Maak seker dat die area goeie radio kommunikasie en selfoon opvangs het. Hou ook ‘n flits, water, nood medikasie en ander noodsaaklikhede in hierdie area.
Skakel al die ligte binne die woning af en al die ligte buite die woning aan.
Skakel die polisie.
Indien jy ‘n vuurwapen besit hou dit byderhand met ‘n goeie flits.
Indien jy ‘n paniekknoppie het of aan ‘n sekuriteitsmaatskappy behoort aktiveer dit dadelik sodat hulle kan kom help.
Moet onder geen omstandighede poog om uit die huis uit te gaan nie maar doen eerder observasie van binnekant die woning.
Sodra jy vasgestel het wat aangaan keer dadelik terug na die veilige area.
Bly in die veilige area totdat hulp gekom het.
Behou kontak oor die radio (as jy een het) en poog om boodskappe so kort as moontlik te hou sodat die kanaal oop kan bly. As jy jou foon gebruik, probeer om so min lawaai as moontlik te maak.
0 Comments